Nesher Privaatskool
Nesher Privaatskool by Delmas het ons op 12 – 14 Oktober 2011 besoek.
Nesher is Hebreeus vir Arend of die plek waar mense arendsvlerke kry.
Nesher Privaatskool het in Januarie 2001 die eerste lewenslig gesien toe Jaco en Stella Haasbroek die tuisskool van hulle kinders omskep het in ‘n volwaardige Christenskool in ‘n bestaande skoolgebou op die plaas Middelbult van Mnr Josua du Plessis by Delmas. Die Hoof is Me Lizette van Onselen. Die doelwitte en visie van Nesher Privaatskool word hieronder uiteengesit.
Me. Sarlien Prinsloo en Daleen Schwartz , haar man, Chris, en Christelle, ma van Jeandre, een van die leerders, met 12 van hulle leerlinge het Treeferns op 12- 14 Oktober 2011 besoek vir ‘n Leierskampkursus. Behalwe stiltetye en lesings oor verskeie onderwerpe het hulle speletjies gespeel, sokker teen die plaaslike Thembalethu Primary School gespeel, vlieghengel geoefen, gestap en lekker ge-eet. Die foto’s wys enkele van die aktiwiteite waaraan hulle deelgeneem het.
NESHER VISIE:
NESHER… die plek waar mense ARENDSVLERKE kry
Ons LEUSE is:
“Ons sal JAHWEH ons God dien en na Sy stem luister”
Die visie van hierdie skool is om kinders en elke ander persoon betrokke by hierdie
bediening, op te rig as doeners, nie net praters van God se Woord nie
HOOR EN DOEN is waaroor dit gaan.
Dit behels dus ‘n noue persoonlike verhouding met die God wat alles geskep het, in Wie al
die verborge skatte van wysheid en kennis te vind is. (Kol.1:16,17 en 2:3)
PRAKTIES:
NESHER fokus daarop om elke mens die geleentheid te gee om te groei in sy menswees
wat God vir hom beplan het. Dit sluit elke faset van sy lewe in.
AKADEMIE:
Akademiese uitmuntendheid – dus uitstekende standaarde.
Elke mens is vir ons belangrik, maak nie saak wat sy vermoëns is nie nie. Ons glo dat elke
mens deur sy Skepper gemaak is met ‘n spesifieke doel. Sukses is om God se doel met jou
lewe te ken en uit te voer.
SPORT :
‘n Mens se liggaam is dit waarmee jy lewe en doen, dus is dit belangrik om ook liggaamlik
fiks te wees. Ons is geaffilieer by SACSSA, wat ons kinders geleenthede gee om aan feitlik
alle sportsoorte deel te neem.
GEESTELIK :
Ons maak nie onderskeid, soos so algemeen in ons Westerse samelewing gedoen word,
tussen geestelike en fisiese lewe nie. Ons kinders word geleer om alles te doen asof hulle
dit vir God doen. Ook ons akademie word Christusgesentreerd aangebied.
♥


