- FAKTORE WAT FORELGEDRAG STIMULEER
a) Suurstofryke koue water
b) Stabiele atmosferiese– en hidrostatiese druk
c) Sterk noorde wind
d) Konstante temperatuur – geen skielike dalings nie
e) Aktiewe insek- en akwatiese insekaktiwiteit
f) Onthou: MATCH THE NATURAL COLOUR AND ONE SIZE SMALLER THAN THE NATURAL
- FAKTORE WAT FORELGEDRAG INHIBEER
a) Suurstof arme en warm water
b) Dalende lugdruk
c) Windlose toestande en helder skerp sonlig.
d) Skielike dalende temperatuur
e) Afwesigheid van insek- en akwatiese insekaktiwiteit.
- WAAROM VANG EK NIKS NIE
a) Lees nie forelgedrag nie.
b) Hengel die beste patrone sonder vertroue.
c) Kunsvlieg strook nie met akwatiese insekaktiwiteit of die forelle se wei-gedrag nie.
d) Het geen lyn in die water nie of kyk rugby tydens hatches en rises.
WENKE:
Laat vlieë toe om te sink alvorens “retrieve” begin.
Wend verskillende “retrieves” aan om die lyn eenkeer in te bring.
Winterpatrone behoort oranje te bevat.
Vlieghengel in winderige toestande is meesal produktief.
Witpatrone is effektief voor sononder en sonop, maar behoort op of hoog in die wateroppervlakte gehengel te word.
Indien forelle nie die droë vlieg wil vat nie, gooi lyn uit en laat droë vlieg stil lê. Na ‘n ruk gee die lyn ‘n pluk of ‘twitch” en bring vinnig net onder die oppervlakte in.
Hengel damkant waarteen die wind vaswaai.
Bepaal allereers die weigedrag van Forelle en hengel daarvolgens.