Scenario’s vir Vlieghengel.

SCENARIO’S: VLIEGHENGEL VIR FOREL IN MPUMALANGA

opgestel en aangebied deur en met toestemming van

DR KRIEK VAN DER MERWE

(Transkripsie van ‘n Radio-program wat op 13 Oktober 2007 in Hengelparade oor Radio Pretoria uitgesaai is,)

Die korrekte kunsvliegkeuse vir forel word grootliks bepaal deur die verband tussen die forel se metabolisme met lugdruk, lug- en watertemperatuur, suurstofinhoud, insekgedrag en hidro-atmosferiese toestande te bepaal. Hierdie verband kan dikwels volgens sekere atmosferiese senario’s vasgestel word. Die vlieghengelaar moet egter in staat wees om enige veranderings dadelik waar te neem en kunsvliegkeuses daarby aanpas.

SCENARIO

LENTE/SOMER (WARM) Water 15˚C+

HERFS/WINTER (KOUD) Water 15˚C-

1.

Ligte bries/wind waai in sonlig

Hengel teen die kant waarteen die wind vaswaai.

Hengel diep en teiken tipiese struktuur.

Let op insekgedrag – hengel droë vlieë, Stimulators, MaC (Midge and Caddis)

Olive Damsel with Red Eyes, Stimulators, Foam Buggers, Bead Chain Bugger (BCB).

Hengel damkant waarteen die wind vaswaai.

Oranje en Olyf baie effektief.

2.

Sterk wind waai in sonlig of bewolkte weerstoestande.

Forelle wei aktief

DDD, Stimulators, BVK (Blaarvreter Kewer).

Hengel gespikkelde naaldekoker oor grasbeddings en op bodem.

Eerste keuse droë vlieë.

Red Eyed Damsel, Plewmans Killer.

Onthou onder in die water is miljoene olyflarwes asook rooi chironomid-larwes. Slakke volop. Patrone moet oranje bevat.

3.

Vroegoggend voor sonop.

Goue tye, maar bepaal wat doen die forelle en waar voer hulle op wat.

Gebruik vlieë met sterk silhoeët.

Hengel waar hatches die vorige aand was.

Baie moeilike hengeltyd. Slaap laat en wag totdat die water opwarm. Hengel die BVK as droë vlieg en hengel die Bead Chain Bugger (BCB) stadig op die bodem.

4.

Laat-namiddag voor sononder

Let op waar muggies hatch. Mac, Suspender Midge

Soek vir forel-aktiwiteit

Hengel rises

Patrone: Cats Whisker, White Death, Papillon en Smirnof

Spoor visaktiwiteit op.

Moeilikste hengeltyd.

Probeer Moustique’s, BVK & BCB.

Hengel water waar rises voorkom, veral dele waarteen die wind vaswaai of gewaai het.

5.

Windlose toestande Spieëlgladde dam

Hengel baie stadig en op die bodem.

Hengel meesal onproduktief.

Hengel droë vlieë op forel se patrollie-roete.

Hengel eierpatroon op neste.

Hengel stadig en diep.

6.

Lugdruk daal drasties – koue front in aantog

Droë vlieg in windlane.

Nimf-patrone diep.

Hengel meesal onproduktief.

Hengel groot patrone diep en stadig op die bodem en teen “drop offs”.

7.

Lugdruk styg skerp na koue front – helder blou lug

Hengel is baie moeilik.

Hengel diep en baie stadig in struktuur in.

Hengel meesal onproduktief.

Hengel struktuur diep en stadig.

Neem waar of forelle patrolleer.

Hengel windlane met droë vlieg en grasbeddings stadig met naaldekokerpatrone.

Pancoras; Oranje nimfe.

8.

Opbouende donderstorm

Weerlig

Forelle staak om te wei sodra eerste weerlistraal blits.

Staak hengel sodra weerlig begin blits.

Hengel solank visaktiwiteit voortduur.

Hengel solank forelaktiwiteit waargeneem kan word.

Effektiewe patrone: BVK, MaC, Stimulator.

9.

Sagte aanhoudende reën

Baie goeie hengeltoestande a.g.v. hoë suurstofinhoud. Hengel droë vlieg of nimfpatrone net onder die oppervlakte.

Goeie hengel, maar dit is baie koud.

10.

Oostewind sonder mis

Donker patrone.

Droë vlieg met klein nimfie wat in water hang.

Hengel die kant waarteen die wind vaswaai.

11.

Lae digte Mis

Hengel donker patrone diep en teen struktuur. Hengel veral die inlope. Hengel veval olyf/chartreuse No 4 Naaldekokerpatrone.

Goeie hengeltoestande

Indien wateroppervlakte kabbel, hengel droë vlieg soos BVK, MaC, Stimulator en Black Adams. Probeer ook Foam Beetle.

Hengel winterpatrone, maar veral Pancoras, Oranje Aggrevators, Orange Tailed Damsels

Lees Deel 2 van Scenario’s vir Vlieghengel hier.

Tags:

Comments are closed.